Africa Seal

USAFRICOM DEPARTEMENT VAN OORLOG BELONINGSPROGRAM

Verskaf vertroulike inligting. Verdien 'n beloning. Hou jou gemeenskap veilig.

Die USAFRICOM Departement van Oorlog Beloningprogram (DvOBP) is 'n beskermde en suksesvolle program wat individue beloon vir bruikbare en bevestigbare inligting what die sekuriteit, stabiliteit van Afrika, die VSA, en sy bondgenote se magte in Afrika beskerm.

OOR DIE PROGRAM

Die USAFRICOM DvOBP

As jy inligting het wat nuttig kan wees vir die VSA se militêre magte, dien 'n wenk in and jy kan beloon word. Alle inligting, insluitende persoonlike inligting, word konfidensieel gehou, nagegaan en bevestig voordat 'n beloning uitbetaal word.

Dien 'n wenk in
About Program
How it Works
HOE DIT WERK

Wenkproses

Die USAFRICOM DvOBP bied belonings van geld of ander waarde aan individue wat nuttige inligting omtrent terrorisme en beplande aanvalle teen die VSA en sy bondgenote se magte in Afrika verskaf. Die identiteit van wenkgewers word streng geheim gehou.

Hoe meer spesifiek en belangrik die inligting is, hoe groter kan die beloning wees. Die beloningswaarde word bepaal aan die hand van talle verskillende faktore wat USAFRICOM se beamptes sal oorweeg wanneer hulle die inligting bevestig.

  1. 1 Individue kan inligting vertroulik met die wenk verskaffingsvorm of deur 'n plaaslike telefoonnommer verskaf.
  2. 2 Nadat 'n wenk ontvang is, word die inligting vertaal en met USAFRICOM gedeel om nagegaan te word. Aangesien USAFRICOM 'n groot aantal wenke ontvang, kan dit tyd neem om jou wenk te verwerk. Wees gerus dat jou wenk mettertyd hersien sal word.
  3. 3 As die inligting bevestig en waardevol is, sal USAFRICOM in verbinding tree met die wenkgewer, wat vir 'n beloning tot en met $5,000,000 USD in aanmerking kan wees.

Dien 'n wenk veilig by USAFRICOM in

Om 'n wenk in te dien, gebruik die wenkverskaffingsvorm op die webwerf. Verskaf soveel besonderhede as moontlik, insluitend enige koördinate of adresse wat betrekking het op die wenk, en 'n telefoonnommer of e-posadres waarmee ons jou kan kontak.

Alle inligting, insluitend persoonlike inligting, sal vertroulik gehou word.

U kan ook op die knoppie hieronder klik om te kyk of USAFRICOM 'n plaaslike nommer in u land het. Indien wel, kan u ’n wenk indien deur daardie nommer te skakel.

Dien 'n wenk in
Africa Map
INLIGTING WAT ONS SOEK

Watter soort inligting word deur die program beloon?

Die USAFRICOM DvOBP bied finansiële belonings aan individue wat nuttige inligting oor terrorisme en beplande aanvalle teen die VSA en sy bondgenote se magte in Afrika verskaf. Die identiteit van wenkgewers word streng vertroulik gehou.

Het jy enige inligting oor hierdie onderwerpe? Dien dan asseblief jou wenk in, selfs al dink jy jou inligting is nie belangrik nie. Daar is enige tyd talle ondersoeke aan die gang, dus mag jou wenk nuttig wees en jy kan dalk beloon word.

Dringende versoeke vir inligting

Die USAFRICOM DvOBP soek tans wenke oor die volgende aktiewe sake. Ons verwelkom steeds inligting oor terrorisme en beplande aanvalle op die VSA en sy bondgenote se magte benewens die huidige aktiewe sake.

Urgent Request
JANUARY 2024 Soektog na vermiste SEALs van die Amerikaanse vloot

Die Departement van Oorlog (DvO) se Beloningprogram bied 'n finansiële beloning aan vir inligting wat lei tot die opsporing van twee vermiste SEALs van die Amerikaanse vloot wat op 11 Januarie 2024 in the Adengolf verdwyn het.

Meer
Africa Map
SUKSESVERHALE

Miljoene in Belonings

Die USAFRICOM DvOBP het sedert sy ontstaan al miljoene dollar in belonings uitbetaal vir inligting wat gelei het tot die suksesvolle gevangeneming of identifisering van bekende terroriste, die ligging van onbemande lugvaartuie en die ontwrigting van terroriste se werksaamhede wat die militêre personeel van die VSA en/of sy bondgenote en vennote in gevaar stel. Weens die sensitiewe aard van die aktiwiteite kan slegs enkele van hierdie suksesverhale openlik met die publiek gedeel word.

Algemene vrae

Kry die antwoorde op die algemeenste vrae oor die USAFRICOM DvOBP.

Watter magtiging het die Departement van Oorlog om die DvOBP aan te bied?

Die magtiging om die DvVBP aan te bied is die Verenigde State Kode, 2012 Uitgawe, Aanhangsel 4, Titel 10 – GEWAPENDE MAGTE, Subtitel A – Algemene Militêre Reg, DEEL 1 – ORGANISASIE EN ALGEMENE MILITÊRE MAGTE, HOOFSTUK 3 – ALGEMENE MAGTE EN FUNKSIES, Art. 127b – Departement van Oorlog Beloningsprogram.

Hoe word die bedrae van belonings vasgestel?

Die USAFRICOM DvOBP betaal belonings in geld of ander waarde. Bedrae wissel afhangend van die gehalte van die inligting, die waarde daarvan vir die VSA en sy bondgenote se werksaamhede en die vlak van gevaar wat daarmee verhoed of uitgeskakel word. Hoe meer spesifiek en belangrik die inligting is, hoe hoër die waarde van die beloning.

Hoe word betalings gemaak?

Sodra 'n wenk ondersoek word en dit is bewys dat die wenk waar en nuttig is, sal 'n beampte van die USAFRICOM DvDBP die wenkgewer diskreet kontak en die individu 'n beloning van geld of ander waarde gee. Die meeste belonings word in kontant uitbetaal.

Watter soort inligting soek die program? Watter inligting sal beloon word?

Die USAFRICOM DvVBP bied belonings aan vir inligting en nie-dodelike bystand wat die VSA en sy bondgenote se magte in staat stel om terrorisme te beveg en die VSA en sy bondgenote se magte teen beplande aanvalle te beskerm. 'n Voorbeeld is om die VSA se regering te waarsku van 'n naderende gevaar teen die VSA of sy bondgenote se magte of om inligting te verskaf oor individue wat vir vorige of beplande aanvalle teen sodanige magte verantwoordelik is.

Wat is die USAFRICOM DvOBP en wat doen dit?

Die USAFRICOM DvOBP is begin om geskikte mense te beloon wat inligting of nie-dodelike bystand verskaf wat die VSA en sy bondgenote se magte in staat stel om terrorisme te beveg en die VSA en sy bondgenote se magte te beskerm.

Hoe weet ek my inligting is veilig?

Sekuriteit en vertroulikheid is belangrike elemente van die USAFRICOM DvOBP. Alle inligting wat aan die program ingedien word, word enkripteer en veilig verwerk. Die identiteite van wenkgewers word streng vertroulik gehou. Vind meer uit.

Wie is USAFRICOM?

Die VSA se Afrika-bevelvoering (USAFRICOM) is 'n verenigde gevegsbevelvoering van die VSA se Departement van Oorlog wat verantwoordelik is vir die oorsig oor Amerikaanse militêre werksaamhede in Afrika. Naas bondgenote en vennote, speel USAFRICOM 'n kritieke rol in die instandhouding van sekerheid en stabiliteit in die streek.

DIEN 'N WENK IN

Verskaf vertroulik inligting. Verdien 'n beloning. Hou jou gemeenskap veilig.

Dien 'n wenk in