Privaatheidskennisgewing

Dankie dat jy besluit het om deel te wees van ons gemeenskap by die Departement van Oorlog Beloningsprogram. Ons is daartoe verbind om jou persoonlike inligting en jou reg op privaatheid te beskerm.

Hierdie privaatheidskennisgewing omskryf hoe ons jou inligting kan gebruik as jy:

  • Ons webwerf by https://dowrewardsprogram.net besoek.
  • Op ander verwante maniere by ons betrokke raak – insluitend bemarking of geleenthede.

In hierdie privaatheidskennisgewing, as ons verwys na:

  • ”Webwerf”, verwys ons na enige van ons webwerwe wat na hierdie beleid verwys of 'n skakel daarna bevat.
  • ”Dienste”, verwys ons na ons webwerf en enige verwante dienste, insluitend bemarking of geleenthede.

Die doel van hierdie privaatheidskennisgewing is om op die duidelikste manier moontlik aan jou uiteen te sit watter inligting ons insamel, hoe ons dit gebruik en watter regte jy in verband daarmee het. As daar enige bepalings in hierdie privaatheiskennisgewing is waarmee jy nie saamstem nie, staak asseblief dadelik die gebruik van ons dienste.

Lees hierdie privaatheidskennisgewing aseblief noukeurig deur, aangesien dit jou sal help om te verstaan wat ons doen met die inligting wat ons insamel.

Inligting Wat Outomaties Ingesamel Word

Kortliks: Sommige inligting – soos jou internetprotokol-adres (IP-adres) en/of webleser- en toesteleienskappe – word outmomaties ingesamel wanneer jy ons Webwerf besoek.

Ons samel sekere inligting outomaties in wanneer jy ons Webwerf besoek, gebruik of deurblaai. Hierdie inligting onthul nie jou bepaalde identiteit (soos jou naam of kontakbesonderhede) nie, maar dit kan toestel- en gebruiksinligting insluit, soos jou IP-adres, webleser- en toesteleienskappe, bedryfstelsel, taalvoorkeure, verwysende URLs, land, ligging, inligting oor hoe en wanneer jy ons Webwerf gebruik en ander tegniese inligting. Hierdie inligting is hoofsaaklik nodig om die veiligheid en werking van ons Webwerf in stand te hou en vir ons interne analise en verslagdoeningsdoeleindes.

Nes talle ander besighede, samel ons ook inligting in deur middel van koekies en soortgelyke tegnologieë.

Die inligting wat ons insamel

Die inligting wat ons insamel, sluit in:

  • Aanmeld- en gebruiksdata:
    Aanmeld- en gebruiksdata is inligting verwant aan dienste, diagnostiek, gebruik en prestasie wat ons dienste outomaties insamel wanneer jy ons Webwerf besoek of gebruik en wat ons in logleêrs opneem. Afhangende van hoe jy met ons omgaan, kan hierdie logdata jou IP-adres, toestelinligting, inligting omtrent jou webleser en instellings asook jou aktiwiteite op die Webwerf insluit (soos die datum- en tydstempels verbind aan jou gebruik van die Webwerf, die bladsye en leêrs waarna jy gekyk het, soektogte en ander aksies wat jy uitvoer, soos watter kenmerke jy gebruik), toestelgebeurtenisinligting (soos stelselaktiwiteit, foutverslae (wat soms 'crash dumps' genoem word) en hardeware-instellings).

  • Toesteldata:Ons samel toesteldata in soos inligting oor jou rekenaar, foon, tabletrekenaar of ander toestel wat jy gebruik om die Webwerf te besoek. Afhangende van die toestel wat jy gebruik, kan hierdie toesteldata inligting insluit soos jou IP-adres (of instaanbediener), toestel- en applikasie-identifikasienommers, ligging, weblesertipe, hardewaremodel, internet-diensverskaffer en/of mobiele diensverskaffer, bedryfstelsel en stelselkonfigurasie-inligting.

  • Liggingdata: Ons samel liggingdata in soos inligting omtrent die ligging van jou toestel, wat presies of onprecies kan wees. Hoeveel inligting ons insamel, hang af van die tipe en instellings van die toestel wat jy gebruik om die Webwerf te besoek. Byvoorbeeld, ons kan geoloasie-inligting insamel wat ons vertel wat jou huidige ligging is (gebaseer op jou IP-adres). Jy kan uitkies om ons nie om te insamel nie, deur die toestel se instellings te deaktiveer of deaktiveer.

Hoe Gebruik Ons Jou Inligting?

Ons gebruik persoonlike inligting wat via ons Webwerf ingesamel word vir verskeie sakedoeleindes wat onder uiteengesit word.

Ons kan jou data vir die volgende doeleindes gebruik:

  • Om ons Dienste te beskerm. Ons kan jou inligting gebruik as deel van ons pogings om ons Webwerf veilig te hou (byvoorbeeld vir die monitering en voorkoming van bedrog).
  • Om ons bepalings, voorwaardes en beleide af te dwing sodat ons aan regs- en regulatoriese vereistes voldoen.
  • Om die huidige aktiwiteit te voltooi en steun.
  • Om die Webwerf en stelsel te administreer en in stand te hou.
  • Om navorsing en ontwikkeling uit te voer.
  • Om gemagtigde regstoepassingsfunksies uit te voer.

Gebruik Ons Koekies en Ander Naspoortegnologie?

Kortliks: Ons mikpunt is om jou persoonlike inligting te beskerm deur 'n stelsel van tegniese en organisatoriese sekuriteitsmaatreëls.

Ons het toepaslike tegniese en organisatoriese sekuriteitsmaatreëls ingestel wat ontwerp is om die sekuriteit van enige persoonlike inligting wat ons verwerk te beskerm. Nietemin, ondanks ons voorsorgmaatreëls en pogings om jou inligting te beveilig, is daar geen waarborg dat enige elektroniese versending oor die internet of inligtingsbergingstegnologie 100% veilig is nie; dus kan ons nie beloof of verseker dat kuberkrakers, kubermisdadigers of ander ongemagtigde derdepartye nie in staat sal wees om ons sekuriteit te oorkom en jou inligting onregmatig in te samel, toegang daartoe te verkry, dit te steel of te verander nie. Alhoewel ons ons bes sal doen om jou persoonlike inligting te beskerm, geskied die versending van persoonlike inligting na en van ons Webwerf op jou eie risiko. Jy behoort die Webwerf net binne 'n veilige omgewing te besoek.

Beheermaatreëls vir Teennaspoorkenmerke

Die meeste weblesers en sommige mobiele bedryfstelsels en mobiele toepassings het 'n teennaspoorkenmerk of -instelling ('Do-Not-Track' (DNT)) wat jy kan aktiveer om jou privaatheidsvoorkeur aan te dui om nie data oor jou aanlyn webaktiwiteit te laat monitor en insamel nie. In hierdie stadium is daar nog geen eenvormige tegnologiestandaard gefinaliseer om DNT-seine te herken en implementeer nie. As sulks, reageer ons nie tans op DNT-leserseine of enige ander meganisme wat outomaties jou keuse aandui om nie aanlyn nagespoor te word nie. As 'n standaard vir aanlynnasporing aanvaar word wat ons in die toekoms moet navolg, sal ons jou van die praktyk in kennis stel in 'n hersiene weergawe van hierdie privaatheidskennisgewing.

Kennisgewing aan Mense wat Hierdie Webwerf van Buite die VSA Besoek

Ons Dienste word deur ons vanuit die Verenigde State van Amerika (VSA) beheer en bedryf, word beskikbaar gemaak aan inwoners van die VSA en die bedoeling is nie om ons onderhewig te maak aan die reg of jurisdiksie van enige staat, land of gebied benewens die VSA nie. Enige inligting wat jy verskaf deur die Dienste te gebruik, mag in die VSA geberg en verwerk word, oorgedra word tussen en toegang daartoe mag verkry word vanuit die VSA en ander lande wat moontlik nie dieselfde vlak van beskerming van persoonlike inligting verseker as die staat, land of gebied waarin jy woon nie. As jy nie wil hê jou persoonlike inligting moet jou land verlaat nie, moet asseblief nie sodanige inligting aan die Departement van Oorlog Beloningsprogram verskaf nie en moenie ons Webwerf gebruik nie. Deur persoonlike inligting aan die Departement van Oorlog Beloningsprogram te verskaf, stem jy uitdruklik in tot die oordrag van jou inligting na die VSA.

Die Departement van Oorlog Beloningsprogram of sy diensverskaffers kan ook jou persoonlike inligting vanaf die Europese ekonomiese gebied (EEG) oordra na ander lande en sommige van hierdie lande het nog geen beslissing deur die Europese Kommissie dat hulle 'n voldoende vlak van databeskerming bied volgens EEG-standaarde nie. Vir oordrag na lande wat nie 'n vlak van databeskerming vereis wat aan EEG-standaarde voldoen nie, gebruik die Departement van Oorlog Beloningsprogram verskeie wettige meganismes om jou persoonlike inligting te beskerm, insluitend kontraktuele bepalings en geskrewe versekerings van diensverskaffers.

Ons sal jou persoonlike inligting in ooreenstemming met hierdie Privaatheidsbeleid hanteer ongeag waar jou persoonlike inligting geberg word of toegang daartoe verkry word.

Skakels na Eksterne Webwerwe

Skakels na webwerwe onverwant aan die VSA se federale regering of die gebruik van handels-, firma- of korporasiename binne die Departement van Oorlog Beloningsprogram se webwerf is vir die gerief van die gebruiker. Sodanige gebruik vorm nie 'n amptelike onderskrywing of goedkeuring deur die VSA se Departement van Oorlog Beloningsprogram of enige privaatsektorwebwerf, -produk of -diens nie.

Wet op Rekenaarbedrog en -Misbruik

Ongemagtigde pogings om inligting op te laai en/of te verander op hierdie webwerf is streng verbode en is onderhewig aan vervolging onder die Wet op Rekenaarbedrog en -Misbruik van 1986, 18 U.S.C. § 1030, en artikel 1001 van Titel 18.

Departement van Oorlog Privaatheidsbeleid

Jy kan webwerfprivaatheidsbeleid van die VSA se Departement van Oorlog bekyk by:

https://www.defense.gov/Legal-Administrative/Privacy-Security/

Kontak Ons Só

Ons verwelkom terugvoer as jy enige vrae het oor ons privaatheidsbeleid of die gebruik van jou inligting. As jy verdere inligting oor die VSA se Departement van Oorlog se Privaatheidsprogram wil bekom, besoek gerus Privacy (defense.gov).